Veels geluk Huisgenoot – 100 jaar oud!

Huisgenoot vier op 20 Mei 2016 ‘n eeu in die tydskrifbedryf. Dit is die oudste, en die grootste, tydskrif in Suid-Afrika met ‘n trotste geskiedenis propvol eerstes, enigstes en eksklusiewe stories. Huisgenoot is die hart- en tuisgenoot van derduisende families deur die dekades heen.