Gesoute hengelaars kry een wens…

2 gesoute hengelaars, Jakob en Hendrik, dobber rond in ‘n bootjie op die oop see.

Hul grawe deur die boot se voorraad en Hendrik ontdek ‘n lamp. Hy vryf die lamp en ‘n genie kom uit. Daar is slegte nuus sê die genie, daar is net 1 wens.

Hendrik, sonder om te dink, skree: “Verander die see in brandewyn en coke!”

Die genie klap sy hande en die see verander in brandewyn en coke.

Die 2 sit doodstil en dink. Jakob staar na Hendrik met misnoë en sê: “Mooi so jou breindood bliksem, nou moet ons in die boot pee!”