Twee getroude vrouens besluit om een Vrydag aand op ‘n lekker Ladies Night te gaan en raak toe lekker dronk! 2 Uur die oggend, op pad huis toe sit albei met n groote pee en besluit toe die veiligste plek vir ‘n pee sal in die begrafplaas wees. Nêrens is daar toilet papier in sig nie!
Die een vrou besluit sy gaan sommer met haar panty afvee en gooi hom weg. Die ander
een gryp toe sommer n bossie blomme van n graf af en vee daarmee af.
Die Saterdag oggend, gedurende n potjie golf, begin die twee se manne so aan die gesels raak en die een sê: Weet jy, ek vermoed my vrou het n verhouding.
Sy’t vanoggend watter tyd by die huis ingestap lekker dronk,maar die ergste is, sy’t nie eens meer haar panty aangehad nie!
Die ander man sê: Jy dink jy het probleme……vanoggend vind ek my vrou op die bank, uitgepass….En daar steek n kaartjie by haar panty uit waarop geskryf staan,….
“Die tyd saam met jou was wonderlik, Ons sal jou altyd onthou…..Van al die manne by die brandweer stasie!!